|
|
|
| |
| SA firma maak plan vir Afrika |
| Exponªnt bied betalingsoplossings vir selgebruik |
| |
| Afrika-oplossings vir die probleme wat markte hier bied laat 'n Pretoriase maatskappy baat vind by die florerende selfoonbedryf op die vasteland. |
|
|
| Exponªnt, een van die grootste elektroniese betalingfasiliteerders in Suid-Afrika, doen tans suksesvol sake in Malawi, Gaboen, Tanzanië, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Kongo (Brazzaville), Uganda, Zambië, Kenia, Niger, Sierra Leone en Burkina Faso. |
| |
| Die maatskappy installeer punt-vanverkope-toepassings wat betalingsoplossings vir selfoonnetwerke se voorafbetaalde en kontrakgebruikers bied in stede en dorpe regoor Afrika. |
| |
| "Dit verg ongetwyfeld 'n sekere hoeveelheid pioniersvernuf om die plaaslike omstandighede te hanteer, maar sodra 'n mens hierdie maatskaplike, kulturele en ekonomiese verskille verstaan, is die voordele reusagtig," sê mnr. Marius Pels, uitvoerende hoof van Exponªnt. |
| |
| Pels sê die grootste rede hoekom sy maatskappy suksesvol was waar soveel ander Suid-Afrikaanse spelers in die Afrika-mark misluk het, is omdat hulle nie probeer het om 'n Suid-Afrikaanse oplossing vir 'n Afrika-probleem te bied nie. |
| |
| "In Suid-Afrika is daar baie gespesialiseerde selfoonwinkels en lugtyd is maklik verkrygbaar van supermarkte en ander handelaars. In baie dele van veral landelike Afrika, bestaan hierdie konsepte egter nie en moet ons 'n lugtyd-terminaal by die ekwivalent van 'n Suid-Afrikaanse spazawinkel installeer. Deur hierdie verskille te omarm eerder as om daarteen te probeer baklei, kon ons 'n bewonderenswaardige reputasie opbou," sê Pels. |
| |
| Exponªnt werk nou saam met een van die grootste selfoonverskaffers in Afrika, Celtel, om laasgenoemde se handelsnaam regoor Afrika te bevorder. |
| |
| "Terwyl groot dele van die kontinent nog grootliks onontwikkel is, is sekere lande soos Nigerië baie meer gesofistikeerd as waarvoor Suid-Afrikaanse sakelui hulle krediet gee. Terwyl daar steeds infrastruktuur-probleme soos swak paaie en wisselvallige elektrisiteitsvoorsiening bestaan, is die ander werklikheid dat baie van die mense met wie ons sake doen uiters kundige graduandi van Oxford, Cambridge, Harvard en MIT is," sê Pels. |
|
|
| "Ons verstaan nou die Afrika-omgewing goed. Daarom is dit vir ons moontlik om lugtyd-verkoopoplossings te verskaf waar daar 'n behoefte daarvoor is, hetsy dit in die afgeleë landelike gebiede van die Kongo is of in die stedelike gebiede van Tanzanië," sê Pels. |
| |